top of page
Web back3.jpg

Kom leer
fotografie
saam met
Pierre Vee

Volledige Aanlyn Kursus
vir
FOTOGRAFIE


Hallo. My naam is Pierre Vee - voltydse fotograaf vir meer as 10 jaar.

Fotografie is oor die algemeen 'n baie duur stokperdjie.

Om Fotografie te bestudeer by 'n Universiteit of ander instansies
kos 'n plaas se prys!

Daarom het ek 'n alles-omvattende kursus geskep wat bekostigbaar is,
en jou alles van fotografie gaan leer,
stap-vir-stap van die heel begin af!

En, in plaas van leer by 'n professor of dosent,
gaan jy al die inligting direk kry van 'n suksesvolle, professionele fotograaf,
wat daagliks sy geld verdien van fotografie in die praktyk!

Ek het seker gemaak hierdie kursus is 'n kwaliteit Afrikaanse produk.

As jy nie teverde is nie, gee ek persoonlik jou geld vir jou terug!​​​​​

​

wp-content_uploads_34_gold_guarantee.webp

MEER INLIGTING:
 
Hierdie Afrikaanse Fotografie-Kursus bestaan uit
6 x video's en 3 x e-boeke, 
wat op jou eie tyd deurgewerk kan word. 
Betaal slegs eenkeer (once-off) en kry al die produkte 
om weer te kyk, pause en rewind soveel keer as wat jy wil.
Klasse sluit in:
1. Beginners Klas
2. Gevorderde Klas
3. Lightroom editing Klas
4. Wedding Workshop
5. Photoshop Klas


Bonus:
6. Selfoon Fotografie Klas

Waarde: R7999

Vandag:
R2300 x 3 maande = R6900
of

R6500
eenmalig

Wat word alles ingesluit? 

Video's:
1. Beginners Klas

Video klas adss.jpg

In hierdie klas gaan jy leer:
Om in Outomaties (groen-setting) af te neem, is die swakste foto wat jou duur kamera moontlik kan neem! Jou kamera is instaat tot soveel meer! 
Leer stap-vir-stap en van die begin af op 'n eenvoudige manier hoe jou spesifieke kamera werk, waar elke knoppie sit 
en hoe om met die belangrikste "settings" te werk. 
Kry jou fokus reg, en neem jou foto's 10 keer beter as van te vore!

2. Gevorderde Klas

Gevorderde Klas1.jpg

Hierdie klas is spesiaal vir diegene wat hulle fotografie-stokperdjie 'n bietjie verder en meer professioneel wil doen. As jy beoog om 'n ekstra inkomste te verdien met fotografie, moet jou foto's uitstaan bo ander wat loop en 'mik-en-druk'. Kom luister na 2 fotograwe (wat hulle brood-en-botter uitsluitelik met fotografie verdien) gesels oor die geheime van professionele fotograwe. Die inligting wat hier gedeel word is absoluut noodsaaklik vir jou eerste stap na professionele fotografie! Flash-werk word ook in hierdie video behandel.
 

2. Gevorderde Klas

LR klas ad.jpg

Noudat jy weet hoe om 'n mooi foto te neem, kan jy leer om jou foto's nog mooier te verwerk (edit) vir jou kliënte op jou rekenaar/laptop. Kom edit 'n paar foto's saam met my - ons gaan stap vir stap deur die belangrikste funksies van die professionele Lightroom editing-program.
 

BONUS: Jy kry die sagteware van die
Lightroom program ingesluit!

4. Wedding Workshop

Wedding Workshop.jpg

Watse kamera en lense het ek nodig om 'n troue af te neem?
Wat is die 100 belangrikste troufoto’s om te kry, sodat enige bruid tevrede sal wees?
Hoe prys ek myself en my troupakkette?
Hoe stel ek 'n troukontrak op?
Hierdie video sal jou voorberei om troues te kan afneem - al die belangrikste aspekte van trou-fotografie word aangeraak. 

5. Photoshop Klas

Photoshop Klas.jpg

Photoshop is die wêreld se beste editing-sagteware. Hoewel dit 'n geweldige ingewikkelde program is, sal jy in hierdie video die basiese beginsels van Photoshop-editing kan baas raak. Leer die beste 'tips & truuks' soos hoe om kleure te verander, hoe om objekte by die foto te voeg of weg te vat, hoe om wolke in jou foto te plaas, ens.

BONUS:
Selfoon Fotografie Klas

VEEE4611-2b.jpg

 As jy die kursus vandag koop, kry jy hierdie lekker bonus video van
Selfoon Fotografie saam!
Druk 'n mens nie maar net die knoppie om 'n foto te neem nie met jou selfoon nie?
Hierdie klas sal jou mond laat oophang!
Verbeter jou selfoto’s ʼn honderdmaal oor – besonders genoeg om op 'n webtuiste te kan gebruik!
Pierre Vee belaai hierdie komiese video met pret, maklik genoeg vir oud en jonk  - enigiemand wat 'n selfoon by hom het, kan deelneem!
Maak gereed om te verander in ʼn kunssinnige selfoon-'boffin'!

Book2.jpg

PDF e-Boeke:
1. Fotografie Vereenvoudig

* 'n 98-bladsy alles-omvattende E-boek in PDF-formaat - leesbaar op jou rekenaar, tablet of selfoon.
(Geen E-reader of data is nodig nie!)
* Hoe om in Manual af te neem -
(Shutter Speed, F-stop & ISO maklik gemaak)
* Die 10 geheime van professionele fotograwe
* Basiese Lightroom Editing
* Die 100 belangrikste foto's by elke troue
(sodat geen bruid vir jou kan kwaad wees nie)
* Trou-Kontrak Template

Cover3.jpg

2. Photoshop in Afrikaans

* Hierdie is 'n 76-bladsy E-boek in PDF-formaat - leesbaar op jou rekenaar, tablet of selfoon.
(Geen E-reader of data is nodig nie!)
* Leer stap-vir-stap van die Photoshop-program, spesiaal vir beginners en intermediêre studente
* Eenvoudige Afrikaanse taal met baie foto-voorbeelde - op so 'n manier geskryf dat enige iemand dit maklik kan verstaan! 

* Sluit in:
* "Tools" wat die meeste gebruik word
* Hoe om foto's skerp te maak
* Hoe om sonstrale in 'n foto te plaas
* Hoe om liggaamsbou te manipuleer
* "Skin Smoothing"
* Hoe om kleure te verander
* Hoe om wolke in 'n foto te plaas
En vele meer!!!

Boekie3.jpg

3. Kom ons praat Geld

"As dit kom by geld, kom jou kuns tweede..."
* Hierdie is 'n E-boek in PDF-formaat - leesbaar op jou rekenaar, tablet of selfoon.  (Geen E-reader of data is nodig nie!)
* Hierdie is 'n aangename, lekker-lees boekie in eenvoudige Afrikaanse taal - op so 'n manier geskryf dat enige iemand dit maklik kan verstaan! 
* Lees oor die 5 maniere wat professionele fotograwe al vir jare gebruik om finansieel suksesvol te wees! 
* Wat is Martin Bester, Helen Zille, Dewald Wasserval en Portchie se opinies as dit kom by geldmaak met fotografie? 

 OPSIONEEL: 

Kyk na al 5 die video's en lees al 3 die e-boeke.
Daarna kan studente 'n eksamen vraestel beantwoord wat ten enigetyd ingedien kan word na afloop van die kursus (geen spesifieke of spertye van toepassing). Slegs met 'n slaagsyfer van 75% sal die student 'n sertifikaat in die pos ontvang.

BONUS:
Zoom Call met Pierre Vee

DSCF3215-3-1-3.jpg

Indien jy al die video's gekyk en al die boeke gelees het,
kan jy persoonlik met Pierre Vee gesels!
Dalk het jy steeds 'n paar vrae of sommer net raad nodig.
Vra jou belangrikste vrae direk. Geen vraag is taboe nie!
* 45min sessie
* Kies 'n oproep van jou keuse:
   - Whatsapp Call
   - Skype
   - Zoom
   - Google Meet
   - Microsoft Teams

Ek sien uit daarna om jou te ontmoet!

Waarde: R7999

Vandag:
R2300 x 3 maande = R6500
of

R6500
eenmalig

wp-content_uploads_34_gold_guarantee_edi

Enige vrae?

Kontak my by:
pierrevee1@gmail.com

Ek help graag!

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek is baie dankbaar ek het hierdie video gekoop, want ek kan stadig daar deur gaan. Ek kan pause terwyl ek saam edit. As iemand dit vir my moes verduidelik, sou dit 3 dae gevat het!

- Nelie

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Hierdie video is regtig baie goed gedoen! Dit is n winskoop moet dit nie misloop nie. Het my baie gehelp . BAIE PRAKTIES EN EENVOUDIG EN MAKLIK.

- Francois

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Wow, wat 'n amazing Aanlyn-klas! Ek het dit nou baie geniet. Ek het als geleer wat ek wou en nog meer! Baie dankie vir die eenvoudige manier waarop jy dit verduidelik en stap vir stap deur als gaan. Kan nie wag om te begin edit nie!!  Ek kan die Aanlyn-klasse beslis aanbeveel, en die bonus is jou sin vir humor 

- Joey

  • Instagram
  • Facebook

Pierre Vee Photography near Hartbeespoort, NoRTHWEST SOUTH AFRICA.

bottom of page