Volledige Aanlyn Kursus
Hallo. My naam is Pierre Vee - voltydse fotograaf. Om Fotografie te bestudeer by 'n Universiteit of ander instansies kos 'n plaas se prys! Daarom wou ek 'n alles-omvattend kursus skep wat bekostigbaar is, en jou alles van fotografie gaan leer - stap-vir-stap van die heel begin af. Ek het seker gemaak hierdie kursus is 'n kwaliteit Afrikaanse produk. As jy nie teverde is nie, gee ek persoonlik jou geld vir jou terug!
Doen 'n volledige Aanlyn-kursus en verwerf jou sertifikaat!
Betaal die volledige bedrag eenmalig @ R6500
of
Betaal af oor 3 maande @ R2300 pm
Hierdie Afrikaanse Fotografie-Kursus bestaan uit 5 x video's en 3 x e-boeke, wat op jou eie tyd deurgewerk kan word. Betaal slegs eenkeer (once-off) en kry al die produkte om weer te kyk, pause en rewind soveel keer as wat jy wil.
Video's:
1. Beginners Klas
(CLICK HIER VIR DIE INFO VIDEO)
Om in Outomaties (groen-setting) af te neem, is die swakste foto wat jou duur kamera moontlik kan neem! Jou kamera is instaat tot soveel meer! Leer stap-vir-stap en van die begin af op 'n eenvoudige manier hoe jou spesifieke kamera werk, waar elke knoppie sit en hoe om met die belangrikste "settings" te werk. Kry jou fokus reg, en neem jou foto's 10 keer beter as van te vore!
2. Gevorderde Klas
(CLICK HIER VIR DIE INFO VIDEO)
Hierdie klas is spesiaal vir diegene wat hulle fotografie-stokperdjie 'n bietjie verder en meer professioneel wil doen. As jy beoog om 'n ekstra inkomste te verdien met fotografie, moet jou foto's uitstaan bo ander wat loop en 'mik-en-druk'. Kom luister na 2 fotograwe (wat hulle brood-en-botter uitsluitelik met fotografie verdien) gesels oor die geheime van professionele fotograwe. Die inligting wat hier gedeel word is absoluut noodsaaklik vir jou eerste stap na professionele fotografie! Flash-werk word ook in hierdie video behandel.
3. Lightroom Klas
(CLICK HIER VIR DIE INFO VIDEO)
Noudat jy weet hoe om 'n mooi foto te neem, kan jy leer om jou foto's nog mooier te verwerk (edit) vir jou kliënte op jou rekenaar/laptop. Kom edit 'n paar foto's saam met my - ons gaan stap vir stap deur die belangrikste funksies van die professionele Lightroom editing-program. (As jy nie die program het nie, kan jy dit by my koop.)
BONUS: Kry die sagteware ingesluit!
4. Wedding Workshop
Watse kamera en lense het ek nodig om 'n troue af te neem?
Wat is die 100 belangrikste troufoto’s om te kry, sodat enige bruid tevrede sal wees?
Hoe prys ek myself en my troupakkette?
Hoe stel ek 'n troukontrak op?
Hierdie video sal jou voorberei om troues te kan afneem - al die belangrikste aspekte van trou-fotografie word aangeraak.
5. Photoshop Klas
(CLICK HIER VIR DIE INFO VIDEO)
Photoshop is die wêreld se beste editing-sagteware. Hoewel dit 'n geweldige ingewikkelde program is, sal jy in hierdie video die basiese beginsels van Photoshop-editing kan baas raak. Leer die beste 'tips & truuks' soos hoe om kleure te verander, hoe om objekte by die foto te voeg of weg te vat, hoe om wolke in jou foto te plaas, ens.
6. BONUS: Selfoon Fotografie Klas
(CLICK HIER VIR DIE INFO VIDEO)
As jy die kursus vandag koop, kry jy hierdie lekker bonus video van
Selfoon Fotografie saam!
Druk 'n mens nie maar net die knoppie om 'n foto te neem nie met jou selfoon nie?
Hierdie klas sal jou mond laat oophang!
Verbeter jou selfoto’s ʼn honderdmaal oor – besonders genoeg om op 'n webtuiste te kan gebruik!
Pierre Vee belaai hierdie komiese video met pret, maklik genoeg vir oud en jonk - enigiemand wat 'n selfoon by hom het, kan deelneem!
Maak gereed om te verander in ʼn kunssinnige selfoon-'boffin'!
E-boeke (ingesluit):
3. Kom ons praat Geld ('n Gids vir Fotograwe)
Elke student wat inskryf ontvang al 5 Aanlyn Video-klasse (wat onbeperk beskikbaar sal wees), sowel as al 3 E-boeke wat sal dien as handboeke.
OPSIONEEL:
Kyk na al 5 die video's en lees al 3 die e-boeke. Daarna kan studente 'n eksamen vraestel beantwoord wat ten enigetyd ingedien kan word na afloop van die kursus (geen spesifieke of spertye van toepassing). Slegs met 'n slaagsyfer van 75% sal die student 'n sertifikaat in die pos ontvang.
BONUS:
Zoom Call met Pierre Vee
Indien jy al die video's gekyk en al die boeke gelees het,
kan jy persoonlik met Pierre Vee gesels!
Dalk het jy steeds 'n paar vrae of sommer net raad nodig.
Vra jou belangrikste vrae direk. Geen vraag is taboe nie!
* 45min sessie
* Kies 'n oproep van jou keuse:
- Whatsapp Call
- Skype
- Zoom
- Google Meet
- Microsoft Teams
CLICK HIER VIR PERSOONLIKE EEN-TOT-EEN KLASSE BY JOU HUIS OF BY DIE PIERRE VEE STUDIO IN HARTBEESPOORT, NW