top of page
Web back3.jpg

Kom leer
fotografie
saam met
Pierre Vee

Praktiese Fotografieklasse

(vir almal!)

Hierdie praktiese, een-tot-een privaat-klasse word oor 'n
tydperk van 6 maande aangebied: 1 x klas per maand.

  • Datums wat jou pas

  • (Klasse op naweke beloop R1000 ekstra)

  • Klasse word aangebied by die Pierre Vee studio naby Hartbeespoort, of

  • By 'n koffieshop naby jou

  • (Ekstra brandstofkostes betaalbaar) 

  • Sagteware ingesluit

  • 15% afslag vir 2 of meer studente wat die klas saam bywoon

  • Verwerf 'n Sertifikaat!

Klas1a.jpg

Beginners Fotografieklas:

Het jy 'n Nikon, Canon of ander DSLR Kamera wat rondlê en nooit gebruik word nie? Het jy 'n duursame kamera, maar neem nog op outomaties af?
Kom woon 'n ligte en lekker beginners-kursus by wat maklik is om te verstaan vir beide oud en jonk. Kom leer hoe om jou foto's tien keer beter te neem! Die basiese beginsels van fotografie word behandel: Shutter speed, F-stop en ISO en waar elke knoppie sit.


Sluit in:
- Teorie: Hoe om in Manual af te neem
- Prakties: Kom neem 'n model in die buitelug af
- Vrae & antwoorde
- Snacks
- Klas beloop 3 ure

Eenheidsprys: R2500

Klas2.jpg

Gevorderde Fotografieklas:

Hierdie klas is vir mense wat reeds in 'MANUAL' kan afneem. Spesiaal vir diegene wat hulle fotografie-stokperdjie 'n bietjie verder en meer professioneel wil doen. Kom luister na die geheime van professionele fotograwe. Die inligting wat hier gedeel word is absoluut noodsaaklik vir jou eerste stap na professionele fotografie!

Sluit in:
- Teorie: Die komposisie van 'n goeie foto en beligting (Flash werk) 
- Prakties: Kom neem 'n model in die buitelug af
- Vrae en antwoorde
- Snacks
- Klas beloop 3 ure

Eenheidsprys: R2500

Klas3.jpg

Lightroom Editing-klas:

Hierdie klas is vir mense wat 'n goeie basiese kennis het van fotografie en wat graag meer wil leer van professionele editing en verwerking. Kom edit 'n paar foto's saam met my - ons gaan stap vir stap deur die belangrikste funksies van die Lightroom editing-program. (As jy nie die program het nie, kan jy dit by my koop.) Bring jou laptop of PC en edit saam, of kom sit net, luister en leer.

Sluit in:
- Teorie: die professionele verwerking van foto's. 
- Prakties: Bring jou rekenaar of kom luister net saam.
- Snacks
- Klas beloop 3 ure

Eenheidsprys: R2500

Klas4.jpg

Wedding Workshop:

Wat gaan jy leer?

  • Watse kamera en lense het ek nodig om 'n troue af te neem?

  • Wat is die 100 belangrikste troufoto’s om te kry, sodat enige bruid tevrede sal wees?

  • Hoe prys ek myself en my troupakkette?

  • Hoe stel ek 'n troukontrak op?

  • Hoe doen 'n mens 'n “Night Shot”?


Bittermin teorie vir hierdie kursus - net afneem, afneem, afneem! Ons het die mooiste bruid (en 'n Bruidegom ook) by 'n stunning venue! Alle foto's kan vir eie portefeulje gebruik word, met vriendelike toestemming van ons bruidspaar vir die dag.
Elke fotograaf ontvang 'n klein E-boek wat al die inligting van die dag bevat.

Eenheidsprys: R2500

Klas5.jpg

Meesters Fotografieklas:

Hierdie klas is vir mense wat reeds fotografie as 'n besigheid bestuur. Die vereiste is dat jy heeltemal gemaklik in Manual moet kan afneem en as jy 'n basiese kennis van die Lightroom en/of Photoshop program het, sal dit baie help. Ons begin met 'n eksklusiewe middagete en praat saam oor jou fotografie en waarheen jy oppad is daarmee. Ek beantwoord persoonlik al jou vrae en hou niks terug nie - geen geheime nie! Bring jou laptop of PC saam en ons edit saam. Ek wys vir jou presies hoe ek van my beste foto's geedit het. daarna gaan ons saam op 'n lekker photoshoot met golden hour.

Sluit in:
- Middagete saam met Pierre Vee
- Vrae & antwoorde
- Pasgemaakte & Persoonlike besigheids-module
- Teorie: Die editing proses met Photoshop tips & truuks 
- Prakties: Photoshoot saam met 'n model/paartjie
- Klastyd: 12 - 6pm

Eenheidsprys: R5000

Betaal af:
R2650 x 6 maande
of

R15 000
eenmalig

Ek stel belang!

Stuur asb vir my die kontrak
vir die 6 maande Fotografie Kursus.

Baie dankie! Hou jou email dop vir die kontrak!

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Vandag wil ek vir jou weereens baie baie dankie sê vir die fotografiekursus. Die mense wat my uitgelag en gespot het ...het kontak vandag gemaak en verskoning gevra. Ek is trots op myself omdat ek so baie keer wou handdoek ingooi. Baie bly ek het nie. Weereens dankie 🌸

- Elize

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Dankie Pierre, my mentor en maatjie, ek het dit vreeslik geniet, jy het so verstaanbare en wonderlike manier om mens te leer. Sal jou aanbeveel vir enigeiemand! Het baie lekker gelag saam jou - ek gaan nou 'Pierre Vee'-edit. Gaan jou baie mis, sal  maar weer die klasse boek hehe. Baie baie dankie vir alles!

- Lizette

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Baie dankie Pierre Vee Photography jy is n uitstekende leermeester!!! Ek kry meer reg as wat ek gedink het is moontlik!!! Ek het lanklaas in my lewe iets so Baie geniet!!!!

- Annelize

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Pierre jy is n ongelooflike goeie fotograaf. Eks bly ek kon by jou leer. En jy inspireer my elke dag om beter en mooier fotos te wil neem. Vir die aspirant fotograwe wat nog wonder of julle saam met Pierre wil leer, go for it. Jy gaan dit geniet en jy gaan baie leer.

- Lien

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

For years I have admired Pierre Vee Photography’s beautiful photographs on Facebook. One of the better decisions I’ve ever made was doing his photography course. I have learned so much and have enjoyed every minute of every class in the last 6+ months! Now… practice…practice…practice!!! Dankie vir alles Pierre!

- Cornel

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek het die voorreg gehad om Vrydag 'n 1-1 kursus by Pierre by te woon en 'n pragtige model te kon afneem met 'n golden hour shoot. Wat 'n ervaring en ek het so baie by Pierre geleer. 'n Mens kan sien aan my foto's hoeveel die moeite werd die kursus was. Pierre Vee Photography te danke aan jou kon ek merkwaardig verbeter deur die flash in die dag te gebruik tot voordeel.

- Johan

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Pierre Vee baie baie dankie dat jy jou kennis met my gedeel het, jyt nie net my droom help waar maak nie, maar jyt my geleer om ń inkomste vir myself te genereer! En dis empowerment! En daarvoor is ek opreg dankbaar! Jys ń wonderlike leermeester, met oneindige geduld! Baie baie dankie vir alles!

- Cathrine

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Dankie Pierre vir die beste beginners kursus ooit. Jy is so deeglik. Dankie dat ons daar kon wegstap met meer kennis as wat ons daar ingestap het. Sal beslis meer wil leer !

- Julinda

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Vrydag het ek 'n paar ure saam Pierre Vee spandeer. Dit was beslis die hoogtepunt van my jaar. Dankie vir jou tyd en jou geduld. Dankie dat ek met so baie kennis kon weg stap na jou klas. Jy is amazing!! 💯‼️

- Lynette

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Dankie, Pierre! Dit was 'n fees. Jy het die kuns bemeester om die tegniese inligting eenvoudig te verduidelik en dit maak 'n groot verskil. 

- Madie

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Dankie dit was absoluut wonderlik!! Mens het soveel om te leer by jou!!!
En daar voel ek soos 'n million dollar oor my foto’s wat ek kon neem, maar WOW!!! Joune is amazing!!!

- Anneke

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Jy was die eerste persoon wat in ‘n kort tydjie vir my waardevolle inligting in ‘n verstaanbare vorm kon gee. Ek kan net sê dat ek baie baie by jou geleer het! In jou kort werkswinkels leer ons baie meer as in die lang uitgerekte klasse!!!

- Karin

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek wil vir jou sê baie dankie vir als wat jy my geleer het. Jy is die beste leermeester ooit... Ek het my kamera al amper 4 jaar en ek gebruik hom nou eers teen sy volle potensiaal...  Ek sê vir jou baie dankie ek kan nie vir beter gevra het nie!

- Alta

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek wil net vir Pierre Vee baie dankie sê vir gister se kursus. Ek het oneindig baie geleer en nog meer geniet. Ek het al verskeie fotografie werkswinkels bygewoon, maar gister se kursus was die beste. Baie, baie dankie. Ek sien uit na 'n volgende opvolg kursus.

- Melody

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Baie dankie Pierre! Insiggewend, opvoedkundig en gesellig ",) Ek het dit regtig geniet.

- Amelia

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

I was fortunate enough to attend Pierre’s Basic Photographic Course. I was a bit sceptic as I thought I knew quite a lot about my camera. How wrong could I have been... Pierre’s course was brilliant. The theory was short, but very informative and then the real attraction was the practical session with the model, with Pierre at your side and having small classes, he attends to everyone and everything and it feels like a one-on-one session. It was absolutely incredible and the experience and knowledge I got in those couple of hours were enormous and invaluable. It was so good, I could not wait to do the Advanced Course and attended the first one available. The Advanced Course was even better than expected! Thank you, Pierre. I now see the whole world in a different way and I am really looking forward to attend more of your workshops.

- Wikus

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Pierre jou eerlikheid en opregtheid maak van jou so 'n goeie mens. So nederig. Soos jy sê laat ons leer bymekaar. Ek het soveel respek vir jou en het reeds soveel geleer. Sal jou aanbeveel vir enge iemand in die industrie. Sal nog klasse van jou wil doen

- Louvaine

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek wil net vir jou baie dankie se vir Sondag dit was ongelooflik lekker en baie leersaam. Sal jy my groot asb laat weet as jy die volgende een aanbied?

- Petro

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Baie dankie vir ‘n fantastiese kursus Sondag.  Ek het ontsaglik baie geleer.

- Rene

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek kan net baie dankie se vir dit wat ek alreeds by u geleer het. Sal u ten alle tye aanbeveel.

- Elizabeth

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Defnitief die klas wat ek die meeste geleer het en nog meer wil leer. Pierre Vee Photography jy sien my vir nog klasse...

- Karien

  • Instagram
  • Facebook

Pierre Vee Photography near Hartbeespoort, NoRTHWEST SOUTH AFRICA.

bottom of page