top of page
Web back3.jpg

ONTDEK
fotografie
saam met
Pierre Vee

Hoe begin ek met fotografie?

Hallo daar fotograaf! Baie welkom by jou fotografie-loopbaan!
Die volgende inligting gaan jou help om aan die gang te kom en die regte besluite te maak vir die rigting waarin jy wil gaan.

Hier is die 5 x vrae waarmee elke aspirant fotograaf mee begin:

Stap 1: Waar begin ek?

Is jy regtig ernstig om jou fotografie verder te neem?​

Is jy moeg vir jou werk, of is dit dalk tyd vir 'n nuwe beroep?​

Wil jy graag 'n geldjie aan die kant verdien met jou fotografie-stokperdjie?
Indien jou antwoord "JA" is, moet jy die besluit neem om die groot sprong te maak!
Fotograf
ie
is lekker, maar dit kan ook 'n duur stokperdjie raak. Jou besluit moet dus slim, maar vasberade wees. Daar is 'n plekkie vir jou onder die son!
​
Hierdie kort video gaan alles mooi verduidelik:

Koop 'n "Beginners Fotografie" boek of video om jou aan die gang te kry hier:

Stap 2: Watter kamera & lense het ek nodig?

Canon, Nikon, Sony of Fujifilm, watter een is die beter kamera?
Geen een kamera is baas nie - die duurder kamera is altyd die beter kamera!

Daarom is dit belangrik om eers jou 'budget' te bepaal. 'n Goeie kamera en ten minste twee lense kan jou ver bring. Vra die winkelassistent vir die kamera met die hoogste ISO (dit is die hoeveelheid lig wat 'n kamera kan gee in donker situasies) vir jou begroting - nie die meeste megapixels nie!

Indien jy klein wil begin, kyk na 'n goeie tweedehandse kamera en kyk eers of die goggatjie jou byt.
Indien jy eenkeer ordentlik wil koop het ek spesiaal vir jou 'n professionele pakket bymekaar gesit - beste waarde vir geld!

Koop 'n kamera hier:

Hierdie kort video gee meer detail:

Stap 3: Wat se rekenaar & sagteware benodig 'n fotograaf?

Meeste laptops van die laaste 5 jaar is sterk genoeg om die nodige sagteware te kan hanteer.
Indien jy daarna kyk om 'n nuwe laptop te koop, het jy spoed & spasie nodig. Netsoos met kameras, is dit nie die "brand" naam wat belangrik is nie, maar eerder die nuwer model en dit wat hy kan doen.
Mik vir 'n laptop met 16GB RAM & 'n 1TB SSD.

Fotograwe gebruik twee programme om hulle foto's te verwerk (edit): Lightroom & Photoshop.
Hierdie programme is beskikbaar as 'n maandelikse huurpakket.
Huur die programme op die internasionale Adobe webtuiste hier:
https://www.adobe.com/za/products/photoshop/compare-plans.html
(Kies die opsie met Lightroom & Photoshop – beste waarde vir geld).

Indien jy die volledige fotografie kursus by Pierre Vee Photography doen, kry jy die sagteware ingesluit!


Hierdie kort video gaan alles in detail verduidelik:

Stap 4: Hoe kry ek my eerste kliënte?

Ek besit 'n kamera en het 'n oog vir mooi foto's, maar waar begin ek om betaalde kliënte te kry?
Dit is die groot vraagstuk waarmee meeste beginner fotograwe sit.
Hoewel daar nie 'n maklike antwoord is nie, en verseker ook nie oornag sukses nie, lê die antwoord in harde werk en 'n slim manier om jou sosiale media te bestuur.
Om by 'n professionele fotograaf te leer, gaan ook baie help!

​
Hierdie video gaan alles mooi verduidelik:

Stap 5: Waar kan ek 'n sertifikaat in Fotografie verwerf?

Noudat jy 'n bietjie meer weet van fotograwe en alles wat hulle nodig het om fotografie goed te kan doen, sal dit my groot voorreg wees om jou verder te help met fotografie opleiding.

Of jy nou belangstel in mense, diere, natuur, sport of korporatiewe werk - die basis van fotografie bly dieselfde, en hierdie kursus gaan vir jou van onskatbare waarde wees!

My volledige Fotografie-kursus bevat 5 x klasse:
Klas 1: Verstaan jou kamera beter (wat beteken elke knoppie)
Klas 2: Neem die perfekte foto's vir jou kliënte (as jy sou belangstel om fotografie professioneel te doen)
Klas 3: Leer meer van trou-fotografie met 'n Wedding Workshop
Klas 4: Begin om jou foto's te verwerk (edit) met die Lightroom program
Klas 5: Ontdek die ongelooflike wêreld van Photoshop editing

Doen enige een van hierdie klasse of doen almal saam as 'n volledige kursus om jou sertifikaat in fotografie te verwerf.

Watter Fotografie-klasse sal jy graag wil doen?

Ander opsies:

Ek sien uit om jou te ontmoet!

T-front PNG.png
  • Instagram
  • Facebook

Pierre Vee Photography near Hartbeespoort, NoRTHWEST SOUTH AFRICA.

bottom of page