

ONTDEK
fotografie
saam met
Pierre Vee
Waar begin ek met fotografie?
Hallo daar fotograaf! Baie welkom by jou fotografie-loopbaan!
Die volgende inligting gaan jou help om aan die gang te kom en die regte besluite te maak vir die rigting waarin jy wil gaan.
Hier is die 5 x vrae waarmee elke aspirant fotograaf mee begin:
Watter kamera is
die regte een
vir my?
Is dit Canon of is dit Nikon? 1. Watter kamera is nou eintlik die beter een? • Is dit Canon of is dit Nikon? En wat dan nou van Sony, Fuji of Leica? • Dan is daar die nuwe ding waarvan almal nou praat: ’n “Mirrorless” kamera – wat is dit?? • Die korrekte antwoord is: Geen kamera is beter as ’n ander een nie. Canon, Nikon, ens. is alles “brand” name vir ‘n kamera – soos Toyota of Ford vir ‘n kar. • Alle kameras werk met dieselfde basiese verstellings of settings: - Shutter speed - F-stop - ISO • Die duurder kamera is gewoonlik die beter een – sy maksimum ISO getal is groter as ander kameras. (Dit is hoeveel lig hy kan gee in donker omstandighede.) • Wanneer jy dus ʼn nuwe kamera gaan koop, is die vraag nie is dit ʼn Canon of Nikon nie, of hoeveel megapixels die kamera het nie, maar eerder: Wat is sy maksimum ISO getal? • ʼn ISO van 25 000 en meer is baie goed vir professionele fotografie. • Canon & Nikon het onlangs besluit om alle ouer DSLR kameras van die mark af te verwyder en binnekort net “Mirrorless” kameras te verkoop. Hierdie kameras is meer gevorderd en meer digitaal as die ou kameras. Dit beteken dat jou ouer Nikon of Canon bv. 600D van nou af tweedehands is. • Die duurder kamera is gewoonlik die beter een – en daarom is die vraag eintlik: Wat is jou budget? Koop die duurste een wat jy kan bekostig. 2. Is dit tyd vir ’n upgrade met my kamera? • Indien jy fotografie “professioneel” wil doen – met ander woorde jy betaal wil word vir jou foto’s – moet jy upgrade as jou kamera ongeveer 10 jaar oud is. • Indien jou maksimum ISO minder as 6400 is. • Indien jy ʼn “Bridge Camera” het, dit is: - Nikon Coolpix - Canon PowerShot - Fuji FinePix (Hierdie kameras is goeie huis en vakansie kameras, maar nie geskik vir professionele fotografie nie.) • Indien jy een van die volgende Canon kameras het: - 250D - 2000D - 4000D - R50 (Hierdie kameras kan nie ʼn trigger hanteer om die Flash wireless, of OCF – Off Camera Flash, te maak nie.) • Indien jy een van hierdie ouer Nikon kameras het: - D3500 - D5600 - D90 - D610 - D750 (Hierdie kameras kan nie ʼn Shutter speed van meer as 1/160 hanteer wanneer jy ʼn flash gebruik nie.) 3. Watter kamera stel jy voor moet ek koop? • Nikon kan soms oorgekompliseerd wees. • Sony is weer bekend vir sy uitstekende lae lig vaardighede. • Persoonlik, hou ek die meeste van Canon – dit is ʼn baie gebruikersvriendelike kamera. • Alle kameras kan alle tipes fotografie afneem. Daar is nie so iets soos ʼn goeie “trou-kamera” of ʼn “sport kamera” nie. • Die lense wat jy by jou kamera koop bepaal of die kamera meer geskik is vir mense, diere of sport. • Lense word in millimeters genoem. 4. Watter lense het ek nodig? • Wyehoek lense: * 10 – 18mm lens * 18 – 55mm lens * 24 – 70mm lens Hierdie lense is goed vir: - die groter prentjie - landskappe - kamers / groot sale - foto studios • Portrait lense: (Lae F-stop lense) * 50mm f1.8 lens * 70 – 200mm f2.8 lens * 85mm f1.4 lens Hierdie lense is goed vir: - Mense, en - nabye items, waar die agtergrond wegraak (blur). • Zoom lense: * 70 – 300mm lens * 400mm, 150 - 500mm, * 600mm, 800mm lense Hierdie lense is goed vir: - Sport - Diere, en kan ‘n bietjie verder in-zoom Ek voer sekere kameratoerusting in, om dit ‘n bietjie goedkoper te kry as wat in die winkels is!
Wat is die belangrikste
knoppies & funksies
van my kamera?
Die “Owners Manual” is te moeilik! * Is die tegniese Engelse-terme van die 'owners-manual' net te moeilik om te verstaan? *Het jy 'n Canon of Nikon DSLR of Mirrorless kamera? * Moenie jou duur kamera gebruik soos 'n 'mik-en-druk' deur op outomaties (groen) af te neem nie! Jy gaan mal wees oor hierdie omvattende Afrikaanse produk wat jou alles van jou kamera gaan leer, stap-vir-stap van die heel begin af - vir enige tipe fotografie - mense / diere / landskappe! •Verstaan jou Canon, Nikon of ander DSLR kamera se settings - en waar elke knoppie sit. •Eenvoudige taal met baie foto-voorbeelde - op so 'n manier geskryf dat enige iemand dit maklik kan verstaan •Kies tussen ‘n PDF, Boek, MP3 of Video! Jy sal nie spyt wees nie!!
Wat se rekenaar & sagteware?
Fotograwe gebruik twee programme om hulle foto's te verwerk (edit) Meeste laptops van die laaste 5 jaar is sterk genoeg om die nodige sagteware te kan hanteer. Indien jy daarna kyk om 'n nuwe laptop te koop, het jy spoed & spasie nodig. Netsoos met kameras, is dit nie die "brand" naam wat belangrik is nie, maar eerder die nuwer model en dit wat hy kan doen. Mik vir 'n laptop met 16GB RAM & 'n 1TB SSD. Fotograwe gebruik twee programme om hulle foto's te verwerk (edit): Lightroom & Photoshop. Hierdie programme is beskikbaar as 'n maandelikse huurpakket. Huur die programme op die internasionale Adobe webtuiste hier: https://www.adobe.com/za/products/photoshop/compare-plans.html (Kies die opsie met Lightroom & Photoshop – beste waarde vir geld). Indien jy die volledige fotografie kursus by Pierre Vee Photography doen, kry jy die sagteware ingesluit! Hierdie kort video gaan alles in detail verduidelik:
Hoe kry ek my eerste kliënte?
Ek besit 'n kamera en het 'n oog vir mooi foto's, maar waar begin ek om betaalde kliënte te kry? Dit is die groot vraagstuk waarmee meeste beginner fotograwe sit. Hoewel daar nie 'n maklike antwoord is nie, en verseker ook nie oornag sukses nie, lê die antwoord in harde werk en 'n slim manier om jou sosiale media te bestuur. Om by 'n professionele fotograaf te leer, gaan ook baie help! Hierdie video gaan alles mooi verduidelik:
Gevorderde Fotografie
Noudat jy 'n bietjie meer weet van fotograwe en alles wat hulle nodig het om fotografie goed te kan doen, sal dit my groot voorreg wees om jou verder te help met fotografie opleiding. Of jy nou belangstel in mense, diere, natuur, sport of korporatiewe werk - die basis van fotografie bly dieselfde, en hierdie kursus gaan vir jou van onskatbare waarde wees! My volledige Fotografie-kursus bevat 5 x klasse: Klas 1: Verstaan jou kamera beter (wat beteken elke knoppie) Klas 2: Neem die perfekte foto's vir jou kliënte (as jy sou belangstel om fotografie professioneel te doen) Klas 3: Leer meer van trou-fotografie met 'n Wedding Workshop Klas 4: Begin om jou foto's te verwerk (edit) met die Lightroom program Klas 5: Ontdek die ongelooflike wêreld van Photoshop editing Doen enige een van hierdie klasse of doen almal saam as 'n volledige kursus om jou sertifikaat in fotografie te verwerf.