top of page
P&D web2.jpg

Die volgende fotografie klas is hier
- in jou dorp!

Jy gaan mal wees oor hierdie
fantastiese fotografieklas
wat jou alles van jou kamera gaan leer, stap-vir-stap van die heel begin af
- in Afrikaans!

DORPE WAAR KLASSE AANGEBIED WORD SLUIT IN:

* PRETORIA (Waverley)
* POTCHEFSTROOM 
* KLERKSDORP
* KRUGERSDORP
* BRITS / HARTBEESPOORT
* VANDERBIJLPARK
* NELSPRUIT
* THABAZIMBI
* MIDDELBURG

TYD: Saterdae of Sondagoggende (3 - 4ure groepsklas)


ADRES: Sal vir jou geepos word met bewys van betaling

(Sluit in: Teorie & Prakties)

PRYS:
R650 pp

Sertifikaat ingesluit!  

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek wil vir jou sê baie dankie vir als wat jy my geleer het. Jy is die beste leermeester ooit... Ek het my kamera al amper 4 jaar en ek gebruik hom nou eers tot sy volle potensiaal...  Ek sê vir jou baie dankie ek kan nie vir beter gevra het nie!

- Alta

👉 Sukkel jy om jou Canon of Nikon DSLR of Mirrorless kamera te verstaan??
Moenie jou duur kamera gebruik soos 'n 'mik-en-druk' deur op outomaties (groen) af te neem nie! Bring jou kamera met al sy lense  en leer al die belangrikste funksies van jou kamera! Kom geniet hierdie ligte, en lekker fotografieklas saam met ons - Teorie & Prakties ingesluit!

👉 Die klas word aangebied deur ons vriendelike (en baie geduldige) onderwysers: Pierre Vee, Deané Jacobs Kuhn of Shirly Hurn, wat vir jou presies gaan wys wat elke "setting" op jou Canon of Nikon kamera doen en waar elke knoppie sit!

👉 Slegs 10 persone kan hierdie groepsklas bywoon, so koop jou kaartjie nou!

Meer inligting:

Soek jy meer?

Is jy 'n meer "Gevorderde" Fotograaf, of

Verkies jy een-tot-een klasse? 


Kliek hier vir meer info:

Enige vrae?

Kontak my by:
pierrevee1@gmail.com

Ek help graag!

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek het Saterdag oggend besluit om vinnig na jou e-boek te loer en dan wanneer die kids gaan slaap so stukkie vir stukkie daar deur te werk soos wat ek tyd kry. Dit was die plan... Maar dit het toe nie so verloop nie. Ek kon myself nie van die boek af wegkry nie! Ek het dit so geniet en soveel geleer! Toe ek my kon kry is ek deur die hele boek!

- Martie

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Absoluut ‘n MOET om Pierre se klasse te volg. Ek het na by kans 10 jaar wat ek net nie kon regkom met my kamera en fotografering verlede Vrydag Pierre se beginnersklas aangekoop en na twee dae gaan dit 100x beter. Dankie Pierre. Nou vir die volgende stap, die gevorderde klas.

- Johan

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Pierre Vee Photography jy het regtig ń baie mooi manier van inligting oordra sodat ons wat beginners is regtig verstaan, so vir dit wil ek persoonlik baie dankie sê. Fotografie laat my vergeet van al die seer en donker en woede en niks verstaan wat in en om my aangaan, en deur jou aanlyn aanbiedinge het ek werklik al baie geleer.

- Nerina

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek kan dit regtig aanbeveel. Ek is so excited nou en kan nie wag om die volgende klas by te woon. Dit was nou baie goeie inligting en die beste is dit is in Afrikaans! Dankie Pierre.

- Freda

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Uitstaande. Ons kan dit hoog aanbeveel.

- Limpopo Wildlife Eco College

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Kan ek net sê: Dankie Dankie Dankie! My editing op my foto's na hierdie klas van jou, is insane!! Weereens so baie dankie dat jy so amazing onnie is. My klient is so happy en na die video klas kry ek so baie kliente!

- Chante

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Ek is baie dankbaar ek het hierdie video gekoop, want ek kan stadig daar deur gaan. Ek kan pause terwyl ek saam edit. As iemand dit vir my moes verduidelik, sou dit 3 dae gevat het!

- Nelie

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Hierdie video is regtig baie goed gedoen! Dit is n winskoop moet dit nie misloop nie. Het my baie gehelp . BAIE PRAKTIES EN EENVOUDIG EN MAKLIK.

- Francois

istockphoto-2171382633-612x612.jpg

Wow, wat 'n amazing Aanlyn-klas! Ek het dit nou baie geniet. Ek het als geleer wat ek wou en nog meer! Baie dankie vir die eenvoudige manier waarop jy dit verduidelik en stap vir stap deur als gaan. Kan nie wag om te begin edit nie!!  Ek kan die Aanlyn-klasse beslis aanbeveel, en die bonus is jou sin vir humor 

- Joey

  • Instagram
  • Facebook

Pierre Vee Photography near Hartbeespoort, NoRTHWEST SOUTH AFRICA.

bottom of page