top of page

Hallo!

Hoe verduidelik jy vir jou kind:
Wie is God?
Waar Bly Hy?
En wat beteken dit om:
"jou hartjie vir Hom te gee?"
Die Nagapies
Brokkel en Bam-Bam antwoord:
Die Pappa.MP3
00:00 / 05:35
Wat het toe met die Nagapies gebeur??

-
Koop al die Brokkel &
Bam-Bam stories -
Betaal veilig met 'n kaart aanlyn
-
Ontvang die epos en laai al die MP3 stories en inkleurboek af,
-
Of, koop die Brokkel & Bam-Bam Oorfone met stories reeds vooraf opgelaai as geskenk - afgelewer by jou deur!


My kinders kan nie ophou om na die stories te luister nie!! En die liedjie! OH MY GOODNESS! Hy is dag en nag op repeat in die kar! Ek is al moeg ge-NAG APIE! ;-)
- Lizé

Dis die eerste keer in 'n langtyd wat ek my kinders so aandagtig sien sit en luister na iets - sonder screentime. En die beste is dat dit Christelike stories met waarde is! Baie dankie! Dis die geldjie werd.
- Alta
MEER INLIGTING:
Hierdie stories is geskryf om die konsep van God vir die heel eerste keer aan kinders voor te stel op 'n eenvoudige en maklik verstaanbare manier.
Brokkel & Bam-Bam is die storie van twee nagapies se avonture. Saam lag en speel hulle, leer hulle meer van God, hoe om te bid, hoe om te sing en hoe om hulle hartjies vir Jesus te gee.
Brokkel & Bam-Bam mag dalk Christelike stories vir kinders wees, maar wees gewaarsku - die kinders gaan dit oor en oor luister totdat die hele huis saam lag en sing!
* Storie 1: Kinders word voorgestel aan God as die Vader
* Storie 2: Kinders leer hoe om hulle hartjies vir God te gee.
* Storie 3: Kinders leer stap-vir-stap hoe om te bid.
* Liedjie: Lees jou Bybel en bid elke dag saam met die Nagapies!
Pierre Vee


bottom of page











