top of page
Fotografie Vereenvoudig (Boek)

Fotografie Vereenvoudig (Boek)

➤ 'n 155-bladsy alles-omvattende, sagteband A5 boekie wat vir jou gekoerier sal word.
➤ Maklik om in jou kamerasak byderhand te hou.
➤ Hoe om in Manual af te neem - (Shutter Speed, F-stop & ISO maklik gemaak)
➤ Die 10 geheime van professionele fotograwe
➤ Basiese Lightroom Editing
➤ Die 100 belangrikste foto's by elke troue (sodat geen bruid vir jou kan kwaad wees nie)
➤ Trou-Kontrak Template
➤ Koerier koste van R150 is by die prys ingesluit

  • MEER INFO:

    *** MEER AS 5000 KOPIEE VERKOOP ***

     

    Hallo. My naam is Pierre Vee - professionele fotograaf. Baie tyd en moeite het in hierdie finominale Afrikaanse produk ingegaan - jy sal nie vir een oomblik spyt wees nie! As jy nie 100% tevrede is met hierdie produk nie, gee ek persoonlik jou geld vir jou terug!

     

    * Hierdie alles-omvattende Boek, leer fotografie stap-vir-stap van die heel begin af - vir enige tipe fotografie - mense/ diere/ landskappe.

     

    * Eenvoudige Afrikaanse taal met baie foto-voorbeelde - op so 'n manier geskryf dat enige iemand dit maklik kan verstaan!

     

    * Verstaan jou Canon, Nikon of ander DSLR kamera se settings - en waar elke knoppie sit

     

    * Nie vir mik-en-druk kameratjies nie.

    Sukkel jy om jou duur kamera te verstaan?

    Is die tegniese Engelse-terme van die 'owners-manual' net te moeilik om te verstaan?

    Is jy moeg vir jou werk, of is dit tyd vir 'n nuwe beroep?

    Wil jy graag 'n geldjie aan die kantlyn verdien met jou stokperdjie?

    As jou antwoord op enige van hierdie vra JA! is, is hierdie boek spesiaal vir jou!

    Moenie jou duur kamera gebruik soos 'n mik-en-druk deur op outomaties (groen) af te neem nie!

    Jou kamera is gemaak vir soveel meer!!

    Indien jy bereid is om 'n bietjie te leer, kan jy jouself fotografie leer deur hierdie alles-omvattende Boek te koop.

     

    Begin jou fotografie-loopbaan!

    Jy sal nie spyt wees nie!

     

     

     

     

    Terugvoer van die lesers:​​

    Baie, baie, duisende Dankies vir jou E-book! Dit was heerlik om te lees, kort en kragtig en maklik verstaanbaar Ek het reeds (danksy die Liewe Heer se Genade) 'n redelike oog vir 'n mooi foto... nou kan ek net met jou raad, begin oefen / eksperimenteer en speel / leer.. dis een van my passies.. maar ek kon dit nog nooit verder vat nie juis oor meeste kursusse nogal "ingewikkeld" en duur voorkom. Jou kursus was h absolute lewensredder en danksy jou ongelooflike program kon ek dit spoediglik onder die knie kry! Ek sal jul altyd dankbaar wees want dit gaan soveel beteken - BAIE DANKIE.

    - Jo-Anne

     

    Ek het Saterdag oggend besluit om vinnig na jou e-boek te loer en dan wanneer die kids gaan slaap so stukkie vir stukkie daar deur te werk soos wat ek tyd kry. Dit was die plan... Maar dit het toe nie so verloop nie. Ek kon myself nie van die boek af wegkry nie! Ek het dit so geniet en soveel geleer! Toe ek my kon kry is ek deur die hele boek!

    - Martie

    Ek was nou al by twee professionele fotograwe in Port Elizabeth, en nie een van hulle kon dit vir my so mooi en eenvoudig verduidelik soos jy in hierdie boek nie - baie baie dankie!

    - Karel

     

    CLICK HIER VIR MEER FOTOGRAFIE PRODUKTE

     

R 599,00Price
  • Instagram
  • Facebook

Pierre Vee Photography near Hartbeespoort, NoRTHWEST SOUTH AFRICA.

bottom of page